Constantiakruin
'n Geestelike tuiste waar jy geborge kan voel in God se genade en liefde!

Jesus roep jou vir 'n lewenslange reis saam met Hom.

Constantiakruin Gemeente

Jesus roep jou: "Kom leef saam met My!"

Constantiakruin is ’n familiekerk wat glo dat Jesus vandag nog gewone mense roep en ontmoet waar jy is, soos jy is, maar jou ook liefhet – genoeg om jou nie daar te los nie. Hy transformeer jou lewe, stap saam met jou, en wys vir jou ’n wêreld waarin jy ’n verskil kan maak.

Ons is ’n dinamiese familiekerk aan die Wesrand wat inklusief dink en ruimte maak vir verskeie aanbiddingstyle – van kontemporêr tot meer formeel. Hier vind jy ’n hartlike geloofsfamilie, ’n lewendige jeugbediening en ’n doelbewuste fokus op geloofsgroei.

Ons roeping is eenvoudig: om die liefde van God met elke mens te deel, oor alle grense heen. Omdat God ons eerste liefgehad het, kan ons nie anders as om daarop te reageer nie – deur liefde, omgee en diens.

Ons wil ’n ruimte skep waar jy nie net ander mense kan leer ken nie, maar ook die Here op ’n egte manier kan ontmoet. ’n Geestelike tuiste waar jy geborge kan voel in God se genade en liefde, en waar jy kan groei tot die beste weergawe van jouself.

Jy is welkom om saam met ons op hierdie reis te kom.

Ons sien uit daarna om jou te ontmoet.

Elke Sondag groei ons saam in geloof. Van eredienste tot jeugbediening - daar is 'n plekkie vir jou.

Sondag oggende bied ons eredienste en bedieninge vir alle ouderdomme aan. Van aanbidding tot jeuggroepe — daar is ’n plek waar jy kan groei in geloof en deel word van hierdie gemeente.

Gemeente-Eredienste
Vind plaas elke Sondag placeholder

Eerste Erediens om 08:15
Tweede Erediens om 10:00
InSync Erediens om 17:00
*
*
*

in die kerkgebou
Baba's en Kleuters
Gedurende GDO Skooltermyn

Baba Geloofsvorming
6 Maande tot 3 Jaar om 08:15
Kleuterbediening
4 Jaar tot 6 Jaar om 08:15
Geen by 10:00 Erediens
*

IN DIE KERKHUIS
Laerskoolbediening
Gedurende GDO Skooltermyn

Graad 1 tot Graad 6 om 08:15
Geen by 10:00 Erediens
*
*
*
*

bedieningsentrum
Hoërskoolbediening
Gedurende GDO Skooltermyn

Groeigroepe
Graad 7 tot Graad 11
18:00 tot 19:00
Studentiteit / Jong Volwassenes
18:00 tot 19:00

bedieningsentrum

Kyk gerus ons Video Preke - Enige Tyd, Enige Plek!

Bedieningspan

Gemeente Leraars

Hier is ons sorgsame en toegewyde leiers wat met passie ons gemeente dien en lei. Kliek gerus om die res van ons bedieningspan te ontmoet.

Dr. Jaco Schoeman

Gemeeteleraar

Ds. Barend Buys

Gemeenteleraar en Andrew Murray

Ds. Leandra Seyfferdt

Jeug Diensleraar

Dr. Wicus van der Merwe

Gekoppelde-leraar

Ontdek God op al die plekke in jou lewe!

Van baba tot student stap ons saam met gesinne op ’n geloofsreis. Deurgaans word die gesin ingesluit in eredienste, leesprogramme, kampe en mylpale — sodat geloof nie net ’n program is nie, maar ’n leefwyse wat van kleintyd af gevorm en volgehou word.

Kry die inligting wat jy nodig het, ontdek hulpbronne vir jou geloof, en begin jou pad saam met Jesus!

Kontak constantiakruin vandag nog

Het jy enige vrae? Ons help graag!

By Constantiakruin verwelkom ons jou vrae. Ons sorgsame personeel is hier om hulp te bied en enige vrae te beantwoord. Kontak ons gerus op die volgende maniere.

Stuur 'n epos

Ons wil graag van jou hoor!

Skakel ons gerus

Maandag – Vrydag 08:00 tot 13:00

Kom loer in

Ons is in Constantia Kloof