Constantiakruin Gemeente
Gereelde Vrae
Kerkkantoor ure
Constantiakruin se kantoorure is: Maandae, Dinsdae, Donderdae van 08:00 tot 16:00, Woensdae van 08:30 tot 16:00 en Vrydae van 08:00 tot 13:00
Doop
Doop Sondae is op die kerkkalender aangedui en is gewoonlik die eerste Sondag van die maand. Die doopdiens is gewoonlik die 10:00 diens op die betrokke Sondag.
Die leraar wat daardie Sondag preek, behartig ook die doop. Preke word volgens ‘n preekrooster ingedeel.
Doopkategese help ouers om te verstaan hoe belangrik die doop is en wat dit vir ons beteken. Doopkategese vind oor drie Maandae, in die aande plaas. Registreer asb vir doopkategese by die kerkkantoor.
Doopkategese word vir elke kind bygewoon asb.
Constantiakruin het toestemming van die betrokke Gemeente nodig, voordat ons doop.
Kontak ‘n leraar asseblief om meer informasie te kry.
Nee, ons doop kinders van gelowiges tot op ouderdom sewe jaar.
Stap 1: Laai die doopregistrasievorm hier af of kontak die kerkkantoor op 011 475 1440/076 791 2312 of e-pos: info@constantiakruin.co.za.
Stap 2: Stuur asb. die vorm en al die nodige dokumente terug aan die kerkkantoor ten minste 2 weke voor die gekose doopdatum.
Troosdienste
Beslis. Kontak die kerkkantoor vir besprekings en regulasies rondom so ‘n geleentheid.
Gerus. Kontak die kerkkantoor om die nodige reëlings te tref.
Julle is welkom. Die eet en kuier word in die saal of koffiekan gehou na die diens.
Tref spesifiek hierdie reëling met die kerkkantoor.
Stap 1: Laai die Troosdiens vorm af hier of kontak die kerkkantoor 011 475 1440/076 791 2312, e-pos: info@constantiakruin.co.za.
Stap 2: Stuur die voltooide vorm terug aan die kerkkantoor.
Stap 3: Die kerkkantoor sal jou kontak om ‘n afspraak te reël.
Stap 4: Tydens die afspraak word die troosdiens bespreek, ‘n datum gefinaliseer, asook die tyd en leraar bevestig.
Stap 5: Die leraar sal jou kontak om die verloop van die diens te bespreek.
Stap 6: Die tegniese beampte sal met jou kontak om die multimedia behoeftes te bevestig en uit te klaar.
Stap 7: Die gasvryheidspan sal met jou kontak maak om die onthaal te bevestig.
Nissies
CK -Lidmate kry eerste voorkeer, die leraars hersien elke nie-lidmaat se versoek op meriete. Stuur asb. jou versoek per epos na die kerkkantoor info@constantiakruin.co.za.
Die Gedenktuin is oop Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 16:00 en Sondae van 07:00 tot 18:00
Graag. So gereeld soos nodig.
Kontak die kerkkantoor.
Stap 1: Laai die Gedenktuin kontrak af of kontak die kerkkantoor 011 475 1440/076 791 2312,
e-pos: info@constantiakruin.co.za.
Stap 2: Stuur die kontrak terug aan die kerkkantoor.
Stap 3: Kies ‘n oop nissie wat jy graag sal wil koop.
Stap 4: Besluit op bewoording vir die gravering van die nissie.
Stap 5: Stuur die bewoording aan die kerkkantoor.
Stap 6: Die kerkkantoor sal met jou bevestig wanneer die gravering gereed is en die steen in die gedenktuin geplaas is.
Huwelik Registrasies
Na die nodige registrasie dokumentasie ingevul is, sal daar bevestig word of die leraar beskikbaar is.
Leraars bevestig self of huwelike op ander plekke hulle pas.
Alle huwelike moet die huwelikskategese bywoon. As daar onsekerheid is, kontak asb die betrokke leraar.
By Binnelandse sake , maar die leraar reik ‘n tydelike geldige sertifikaat tydens die troue uit. Hy sal verdere inligting verskaf.
Slegs Binnelandse sake kan jou van ‘n afskrif voorsien. Praat met die betrokke leraar en hoor hoe hy kan help.
Stap 1: Laai die Huwelikregstrasie dokument hier af of kontak die kerkkantoor 011 475 1440/076 791 2312, e-pos: info@constantiakruin.co.za.
Stap 2: Stuur die Huwelikregistrasie en die nodige dokumente na die kerkkantoor.
Stap 3: Die kerkkantoor sal met jou bevestig of die leraar beskikbaar is.
Stap 4: Woon die huwelikskategese by. Hierdie klasse word een keer ‘n kwartaal aangebied. Die kategese moet verkieslik voor die datum van die seremonie afgehandel word. Die datums is op die kalender beskikbaar.
Stap 5: Die leraar sal ‘n afsonderlike afspraak reël om die seremonie te bespreek.
Stap 6: Die kerkkantoor sal julle kontak, sodra die leraar die huwelik geregistreer het en julle die afskrifte by die kantoor kan kom afhaal.
Stap 9: Met die afskrifte kan julle aansoek doen vir julle amptelike huweliksertifikaat.
Lidmaatskap
Die kerkkantoor vra die attestate/lidmaatskap aan.
Julle kan enige tyd belydenis by Constantiakruin aflê en dan word julle lidmate.
Julle sal gedoop word tydens belydenisaflegging.
Kontak die betrokke leraar of skakel die kerkkantoor met jou versoek.
Ja. Kontak ‘n leraar of die kerkkantoor
Enige iemand is welkom om enige diens by te woon.
Stap 1: Laai die Nuwe Lidmaatvorm af of kontak die kerkkantoor.
Stap 2: Stuur die vorm terug na die kerkkantoor
Stap 3: Die kerkkantoor sal ontvangs van lidmaatskap bevestig.
Verhuring
Enige persoon kan geboue huur. Die reëls en regulasies sal met jou bespreek word.
Enige funksies wat nie by die etos en die morele waardes van die gemeente inpas, mag gehou word nie.
Dit is teen Constantiakruin se reëls en regulasies.
Stap 1: Laai die Verhurings vorm af of kontak die kerkkantoor
Stap 2: Stuur die verhurings vorm aan die kerkkantoor.
Stap 3: Kerkkantoor sal bevestig of die dag en lokale beskikbaar is
Stap 4: Tegniese persoon sal die multimedia behoeftes met die huurder bevestig
Hulp en Hoop donasies
Die Hulp en Hoop stoor is oop elke Maandag vanaf 09:00 tot 12:00, alternatiewelik kan die donasies enige tyd tydens kantoorure gebring word. Sekuriteit het ‘n register waarin hy dit skryf en dit gaan dan dadelik stoor toe.
Die mediese stoor is ‘n gratis diens vir elke lidmaat. Daar word gevra dat die toerusting teruggebring word, sodra dit nie meer benodig word nie.
Maak asseblief kontak met ‘n Leraar. Klink hier vir die besonderhede.
Covid-19 Regulasies
Tans mag100 persone per erediens in die kerkgebou bymekaarkom. Huidiglik hou ons buite byeenkomste op die grasperk en tot 250 persone word toegelaat en die diens is om 09:00. Die Engelse diens in die Kapel kan 80 mense per diens huisves en die diens is om 08.15. Hierdie reelings sal verander soos die inperkingsmaatreels verander.
Nee, vul asb die Covid-19 vorm in en bring die saam na die erediens of kry dit op die toonbank in die voorportaal. Laai die vorm af op ons webbladof kontak die kerkkantoor
Poortwagters/ Kosters meet die temperatuur by die ingang van die kerkgebou.
In die laaste twee weke.
Ander vrae
Wanneer julle ‘n afspraak met een van die leraars het, is die sessie gratis. Van die beraders van die gemeente vrae ‘n R250 fooi per uur -sessie. Dis elke berader se besluit of daar koste is aldan nie.
Stuur ‘n epos na groepe@constantiakruin.co.za en iemand sal jou kontak.
Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.
Stuur ‘n epos na: gebed@constantiakruin.co.za of skakel een van die leraars.
Mense wat reeds afgetree het vorm die grootste groep, maar enige ander persoon wat graag saam wou kuier. Hierdie seniorbediening is vir persone van 55 jaar en ouer.
Kontak ‘n leraar, want daar is persone wat graag saam met die leraars, ons ouer persone bedien. Klink hier vir leraar besonderhede.