Constantiakruin Gemeente

Wie is ons

Die gemeente het op 24 Oktober 1973 van Floridapark in Florida afgestig. Van die 390 belydende lidmate waarmee dit gestig is, was die groei konstant tot die huidige 2361 belydende- en 691 dooplidmate.

As makrogemeente met ‘n verkleinde gemeenteraad, het ons ‘n eiesoortige bediening, wat beteken dat daar nie huisbesoek deur die leraars of ouderlinge of diakens gedoen word nie. Die Gemeenteraad is verantwoordelik vir die oorhoofse bestuur, beleid en rigting waarheen die gemeente beweeg. Die onderskeie departemente, bedieninge, ondersteuningsgroepe en projekte gee uitvoering aan die gemeente se gestuurdheid: Die Here stuur Constantiakruin veral na verwondes om op ‘n fisieke-, emosionele-, asook geestelike vlak hulp te verleen en hoop te bring.

Ons primere versorgingmodel is selgroepe. Ons moedig lidmate aan om so gou moontlik deel van ‘n selgroep te word!

Die diversiteit van hierdie stedelike gemeente word bedien deur ‘n verskeidenheid van eredienste, elkeen met sy besondere aanslag. Formele-, Informele-, InSync-, (vir jeug), Promiseland- (vir laerskool- kinders), Engelse- en Tswana eredienste.

Die jeug word bedien met Promiseland vir Laerskool- en voorskoolse kinders en InSync vir Hoërskoolkinders en jongmense. Junior en senior kategese sorg vir die toerusting en begeleiding van ons kinders na volwasse lidmate. Daar is ook mid-week aksies vir laer- en hoerskoolkinders.

Volg gerus die almanak om al die bedieninge en toerustinggeleenthede te volg.

uitreik na verwondes in die omgewing word gedoen deur pastorale sorg, verskeie voeding- en opleidingsprojekte, asook betrokkenheid by verskeie instansies vir kinders en bejaardes.

Die gemeente het ‘n goed toegeruste kompleks met besondere argitektoniese eienskappe en mooi tuine, wat bydra tot ‘n rustige atmosfeer. ‘n Gedenktuin, wat voorsien in ‘n al groterwordende behoefte, is opgerig en pas mooi in by die omgewing en die bestaande tuine.

Die gemeente word bedien deur vyf voltydse predikante, en ‘n jeugwerker. ‘n Baie toegewyde Bedryfshoof en kantoorpersoneel sorg, dat die administrasie en navrae van die gemeente glad verloop. Elkeen fokus op die segmente waarbinne sy besondere gawes die beste inpas.

Volg ons
Kaart
Kontak ons
   Liebenbergweg 17,
      Constantia Kloof
    
   info@constantiakruin.co.za
    
   (011) 475 1440
    
   076 791 2312
    
Stuur 'n boodskap

Snap scan en Bank
snapscan

Bank Besonderhede:
ABSA Tjek reknr: 106 3330 384
Tak: Florida / 632 005

KONTAK / EREDIENSTE

Kontak inligting:

Tel: (011) 475 1440
Epos: info@constantiakruin.co.za
Adres: Liebenbergweg 15, Constantia Kloof

Eredienste

Sondae gedurende skoolkwartale
08:15 – Eerste erediens
10:00 – Tweede erediens
10:00 – Andrew Murray service
17:00 – InSync erediens
17:00 – Dieperdelf
Gedurende skoolvakansies en langnaweke is daar geen Kapeldiens, InSync en Kategese nie, maar die oggend eredienste bly dieselfde.

Waar is ons?

GEBEURE / KALENDER
[trx_sc_events type="detailed" past="" cat="48" orderby="post_date" slider="" title_style="default" count="6" columns="1" css=".vc_custom_1596550758633{background-color: rgba(0,0,0,0.01) !important;*background-color: rgb(0,0,0) !important;}"]