Constantiakruin Gemeente

Selgroepe

Groete ook aan die gemeente wat gereeld in hulle huis bymekaarkom (Rom 16:5).  Die Bybel leer ons dat ‘n gemeente bestaan uit mense: kinders van die Here wat Hom liefhet en sy weg saam met Hom stap. En hierdie individuele gelowiges stap nie agter die Here aan as ‘n unieke, geïsoleerde individu nie, nee, die Here plaas ons in groepe saam.

Vir die eerste 400 jaar van die kerk se bestaan, was daar nog nie iets soos ‘n kerkgebou nie. Kerk was ‘n groepie gelowiges wat in mekaar se huise bymekaar gekom het, soos Rom 16 vers 5 verduidelik. Hulle het mekaar goed geken, hulle het geweet as iemand swaar kry.  Hulle was selfs bereid om mekaar van kos te voorsien, en op allerlei fisiese maniere mekaar te help deur dik en dun.

In vandag se moderne lewe, waar ons dikwels nie eers ons buurman ken nie, en die lewe baie onpersoonlik geword het, is kerk die plek waar jy mense ontmoet wat soos jy glo, met wonderlike waardes en gesindhede. Mense wat genoeg omgee om jou laste te help dra en saam met jou op ‘n geloofsreis te wees. En die beste plek waar jy hierdie omgee en meelewing ervaar in die kerk, is in selgroepe.

‘n Selgroep bestaan uit 4-6 gesinne wat weekliks bymekaar kom [met Covid doen ons dit tans virtueel]. Hierdie groepie deel met mekaar hul lewens, bid vir mekaar en bestudeer God se Woord saam.  Hulle raak die mense wat jou kom besoek in die hospitaal, wat vir jou bid wanneer jy van werk verander en met wie jy jou geestelike ervarings deel.

As jy meer wil weet, of gereed is om deel van ‘n selgroep te word, stuur gerus ‘n e-pos na groepe@constantiakruin.co.za en ons sal jou help om tuis te kom in ‘n selgroep.

Volg ons
Kaart
Kontak ons
   Liebenbergweg 17,
      Constantia Kloof
    
   info@constantiakruin.co.za
    
   (011) 475 1440
    
   076 791 2312
    
Stuur 'n boodskap

Snap scan en Bank
snapscan

Bank Besonderhede:
ABSA Tjek reknr: 106 3330 384
Tak: Florida / 632 005

KONTAK / EREDIENSTE

Kontak inligting:

Tel: (011) 475 1440
Epos: info@constantiakruin.co.za
Adres: Liebenbergweg 15, Constantia Kloof

Eredienste

Sondae gedurende skoolkwartale
08:15 – Eerste erediens
10:00 – Tweede erediens
10:00 – Andrew Murray service
17:00 – InSync erediens
17:00 – Dieperdelf
Gedurende skoolvakansies en langnaweke is daar geen Kapeldiens, InSync en Kategese nie, maar die oggend eredienste bly dieselfde.

Waar is ons?

GEBEURE / KALENDER
[trx_sc_events type="detailed" past="" cat="48" orderby="post_date" slider="" title_style="default" count="6" columns="1" css=".vc_custom_1596550758633{background-color: rgba(0,0,0,0.01) !important;*background-color: rgb(0,0,0) !important;}"]