Constantiakruin Gemeente
Raak betrokke
Die gemeente het op 24 Oktober 1973 van Floridapark in Florida afgestig. Van die 390 belydende lidmate waarmee dit gestig is, was die groei konstant tot die huidige 2361 belydende- en 691 dooplidmate.
As makrogemeente met ‘n verkleinde gemeenteraad, het ons ‘n eiesoortige bediening, wat beteken dat daar nie huisbesoek deur die leraars of ouderlinge of diakens gedoen word nie. Die Gemeenteraad is verantwoordelik vir die oorhoofse bestuur, beleid en rigting waarheen die gemeente beweeg. Die onderskeie departemente, bedieninge, ondersteuningsgroepe en projekte gee uitvoering aan die gemeente se gestuurdheid: Die Here stuur Constantiakruin veral na verwondes om op ‘n fisieke-, emosionele-, asook geestelike vlak hulp te verleen en hoop te bring.
Ons primere versorgingmodel is selgroepe. Ons moedig lidmate aan om so gou moontlik deel van ‘n selgroep te word!
Die diversiteit van hierdie stedelike gemeente word bedien deur ‘n verskeidenheid van eredienste, elkeen met sy besondere aanslag. Formele-, Informele-, InSync-, (vir jeug), Promiseland- (vir laerskool- kinders), Engelse- en Tswana eredienste.
Die jeug word bedien met Promiseland vir Laerskool- en voorskoolse kinders en InSync vir Hoërskoolkinders en jongmense. Junior en senior kategese sorg vir die toerusting en begeleiding van ons kinders na volwasse lidmate. Daar is ook mid-week aksies vir laer- en hoerskoolkinders.