Bababediening

[6 maande tot 3 jaar]

8:15 – 9:15 in die Saal

Die fondasie van ons kinders se geloof word al voor Kleuterkerk gevorm.

Daarom het ons bababediening.  Alle ouers, oupas, oumas, tannies en ooms word uitgenooi om hierdie familie diens saam met baba by te woon. Hier pas ons by die babas aan, dus is daar ’n groot mat vol speelgoed, aktiwiteite, rympies, koekies en helder les aanbieding.

Ons wil ouers bystaan met idees en maniere waarop hulle God meer deel kan maak van hierdie verkenning. Dit is nie net ’n skoenlapper nie. Dit is ’n skoenlapper wat deur God gemaak is. Dit maak die dialoog tussen God en die klein mensie in ’n baie belangrike ontwikkelingsfase oop. Net soos hulle ontdek hulle kan met mamma en pappa praat so ontdek hulle ook dat hulle met God kan praat. Hulle leer wat is appels, nou kan hulle leer dat God die appel maak.

Kleuterkerk

[3 – 5 jaar]

8:15 – 9:15 in die Kerkhuis

Daar is soveel nuwe ervarings vir kinders in hierdie ouderdom. Daar is soveel wat hulle vir die eerste keer doen. Hulle hoef nie al hierdie mylpale alleen te haal nie. Ons het ’n hele groep wat fokus op wat vir hulle in hulle lewens belangrik is. Ons fokus op die ontwikkelingsfases van die kind en hoe God alles vir hulle moontlik maak.  Stelselmatig word Bybelstories deel van die taal wat kinders gebruik en waarmee hulle die wêreld rondom hulle verstaan.

Met ons aktiwiteite leer ons hoe ons Die aktiwiteite is bedoel om gedurende die week die geloofspraktyke in te skerp by die huis.  Hier is waar ons Geloofsfamilie begin bou soos ons saam teen die glyplank afgly en op die fietsies rond jaag. Hier leer ons verseker deur speel!

Laerskoolbediening

[Graad R – Graad 6]

8:15 – 9:15 in die Kinderkapel

Laerskoolbedieng is ’n plek waar ons regmaak vir rondhardloop en spring. Hierdie energie en opgewondenheid kan tot Gods eer ook gebruik word. Hier het ons tyd vir sing en spring maar ook tyd waar ons almal saam versies in die Bybel opsoek. Ons leer deur lag, sien, speel en doen.

Hulle lewens het ewe skielik moeiliker situasies en meer grys areas.  Ons praat saam oor die rigtingaanwysers wat deur die Bybel vir ons gegee word.  Hier sorg ons dat die Bybelverhale goed geleer word en daaruit antwoord ons lewensituasies.

Elke graad het hulle eie Reisgenoot wat die groot groep les met ’n aktiwiteit, eksperiment of speletjie vas lê. Dit is ook die ruimte waar daar vra gevra kan word en waar ons in mekaar se lewens belangstel.

KONTAK / EREDIENSTE

Kontak inligting:

Tel: (011) 475 1440
Epos: info@constantiakruin.co.za
Adres: Liebenbergweg 15, Constantia Kloof

Eredienste

Sondae gedurende skoolkwartale
08:15 – Eerste erediens
10:00 – Tweede erediens
10:00 – Andrew Murray service
17:00 – InSync erediens
17:00 – Dieperdelf
Gedurende skoolvakansies en langnaweke is daar geen Kapeldiens, InSync en Kategese nie, maar die oggend eredienste bly dieselfde.

Waar is ons?

GEBEURE / KALENDER
[trx_sc_events type="detailed" past="" cat="48" orderby="post_date" slider="" title_style="default" count="6" columns="1" css=".vc_custom_1596550758633{background-color: rgba(0,0,0,0.01) !important;*background-color: rgb(0,0,0) !important;}"]