Nuwe lidmate
Vul asseblief ‘n vorm in vir nuwe lidmate, wat in die portale van die kerk beskikbaar is en plaas dit asb. in die dankofferkis by die hoofingang. Die vorm kan ook elektronies ingevul word. Ons hou van tyd tot tyd ‘n nuwe lidmatebyeenkoms vir inligting en saamkuier met die leierskap.