Hoërskoolbediening

[Gr 7 tot 11]

17:00-19:00 in die Kerkgebou en Bedieningsentrum

How do we do it?  InSync, Saved Youth New Commitment, bestaan uit ’n gesinsdiens en groeigroepe.  Die gesinsdiens word die geleentheid waar ons lewe vier vanuit die Woord,  ons grootgroep blootstelling aan die reis plaasvind, huisgesinne genooi word om saam te aanbid en sprekers geleentheid kry om die grootgroep toe te spreek.  Die groeigroepe vloei vanuit die gesinsdiens voort en word die geleentheid waar die serious stuff bespreek word.  Hier kry jongmense geleentheid om oor die jeugdiens te reflekteer, persoonlike begeleiding te ontvang en kry hulle kans om vrae te vra in ’n veilige omgewing.

Gebedsvennote

[Gr 7 tot 11]

Gebed is een van die geloofsgewoontes waaraan ons spesifiek aandag gee en ons jongmense in wil begelei.

Gebedsvennote is ‘n geleentheid waar elke jongmens kans gegun word om te oefen deur ‘n gebedsvennoot vir iemand of iets anders te wees.

Tydens hierdie geleenthede word verskillende stasies met spesifieke fokuspunte opgestel.  Hier kry jongmense kans om nie net vir hulle self te bid nie, maar vir ‘n wêreld groter as hulle onmiddellike, maar ontdek ook verder dat alles wat in die lewe gebeur in gebed hoort.

Reisgennote

[Gr 7 tot 11]

Reisgennote is die verskillende gelowiges waaraan jongmense blootgestel word tydens hulle reis in die kategese.

Jongmense wat ervaar dat ander gelowiges hulle name ken, weet wat in hulle lewe aan die gebeur is en jongmense dien het die effek dat jongmense geliefd voel en weet hulle behoort iewers.

Twee reisgenote word toegewy aan ‘n klas, maar daar is dalle ander wat spesifieke lesse aanbied, sodat elke jongmens aan die einde van die jaar aan ongeveer 10 mense blootgestel word wat hulle help vorm aan hulle geloof.

KONTAK / EREDIENSTE

Kontak inligting:

Tel: (011) 475 1440
Epos: info@constantiakruin.co.za
Adres: Liebenbergweg 15, Constantia Kloof

Eredienste

Sondae gedurende skoolkwartale
08:15 – Eerste erediens
10:00 – Tweede erediens
10:00 – Andrew Murray service
17:00 – InSync erediens
17:00 – Dieperdelf
Gedurende skoolvakansies en langnaweke is daar geen Kapeldiens, InSync en Kategese nie, maar die oggend eredienste bly dieselfde.

Waar is ons?

GEBEURE / KALENDER