
Gesinseredienste
[Bababediening tot Gr 11]
Constantiakruin verstaan dat die primêre plek van geloofsoordrag steeds die huishouding is, daarom is gesinne wat saam eredienste bywoon vir ons belangrik. Ons wil juis waak daarteen om ‘n generasie groot te maak wat nie as gewoonte erediensbywoning het nie.

Gesinsgeleenthede
Deur die jaar bied Constantiakruin verskillende geleenthede aan waar ouers en kinders saam baljaar. Hegte verhoudings skep ‘n plek van sekuriteit waar geloofsgroei kan plaasvind. Gesonde ouer-kin of voog-kind verhoudings is iets wat ons graag bevorder.

Deurgange en roetemerkers
Belangrike momente in jongmense se lewens het nie altyd ‘n geloofsgrondslag nie. Deurgange (lewensfases) word gevier met ‘n geestelike roetemerker (verwysingspunt) sodat die lewe uit ‘n geloofsoortuiging verstaan word. Ons vier die volgende deurgange:
Doop
Gr1 – My skoolloopbaan begin.
Gr 7 – My eerste grootwees en my lyf vernader
Gr8 – Belangrike been van vorming en koers
Gr 11 – Belydenisaflegging
Gr 12 – Uitstuur onder die seën van die gemeente.

Ouer opleiding
Na die gesinserediens in die aand vind daar, per geleentheid, oueropleiding plaas. Gassprekers hanteer temas wat ouers in die lewe van hulle kinders ervaar. Die bemagtiging van ouers is noodsaaklik vir stabiele en heel verhoudings.

Wandel in die Woord as huisgesin
Die totale Hoërskoolbediening oefen saam aan die geloofsgewoonte van Bybellees. Elke jaargroep ontvang ‘n leesprogram uiteengesit in ‘n joernaal. Ons oproep is dat huisgesinne hierdie oefening saam sal doen, sodat gesinne saam leiding vanuit die Woord kan neem, maar ook deur mekaar vanuit die Woord ondersteun word.

Gesinne wat op Sondae saam dien
As geloofsgemeenskap is ons graag by mekaar betrokke. Die beste manier om ons kinders in hierdie gewoonte in te begelei is om self saam met hulle iewers op ‘n Sondag betrokke te wees. Hierdie gesinsbetrokkenheid maak dat jongmense meer vrymoedigheid neem om iets te doen en ouers leer nuwe dimensies van hulle kinders ken.