Constantiakruin Gemeente

Gebedsbediening

Constantiakruin-gemeente is ‘n geloofsfamilie:  dit beteken ons beskou mekaar as boeties en sussies, as geestelike vaders en moeders vir mekaar. Ons dra mekaar se laste, ons gee om vir mekaar.  Hierdie gemeente is groot genoeg sodat jy fantastiese reisgenote vir jou geloofsreis kan vind, maar nie so groot dat jy in die massa sal verdwyn nie.

Ons gebed-span leef met die oortuiging van Jakobus 5:16 – “..bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking.” Indien die Heilige Gees jou inspireer om deel te word van hierdie gebedspan, sal ons jou deel maak van ‘n e-pos netwerk waar ons binne 24 uur gebedsversoeke prosesseer en aanstuur, en waar lidmate met die roeping van gebed erns maak met elke versoek.

Dit mag dalk wees dat jy ‘n behoefte het aan voorbidding: die gebedspan sal met graagte reël om saam met jou te bid, of gewoon net jou en jou situasie aan die Here op te dra – dit kan ook anoniem gebeur. Al wat jy hoef te doen, is stuur ‘n e-pos na gebed@constantiakruin.co.za

Niemand hoef alleen te stry teen die Bose of teen die uitdagings van die lewe nie – Hier is toegewyde kinders van die Here wat reg staan om langs jou in te skuif en jou las te help dra!!

Jy kan ook die volgende vormpie invul.

    Volg ons
    Kaart
    Kontak ons
       Liebenbergweg 17,
          Constantia Kloof
        
       info@constantiakruin.co.za
        
       (011) 475 1440
        
       076 791 2312
        
    Stuur 'n boodskap

    Snap scan en Bank
    snapscan

    Bank Besonderhede:
    ABSA Tjek reknr: 106 3330 384
    Tak: Florida / 632 005

    KONTAK / EREDIENSTE

    Kontak inligting:

    Tel: (011) 475 1440
    Epos: info@constantiakruin.co.za
    Adres: Liebenbergweg 15, Constantia Kloof

    Eredienste

    Sondae gedurende skoolkwartale
    08:15 – Eerste erediens
    10:00 – Tweede erediens
    10:00 – Andrew Murray service
    17:00 – InSync erediens
    17:00 – Dieperdelf
    Gedurende skoolvakansies en langnaweke is daar geen Kapeldiens, InSync en Kategese nie, maar die oggend eredienste bly dieselfde.

    Waar is ons?

    GEBEURE / KALENDER
    [trx_sc_events type="detailed" past="" cat="48" orderby="post_date" slider="" title_style="default" count="6" columns="1" css=".vc_custom_1596550758633{background-color: rgba(0,0,0,0.01) !important;*background-color: rgb(0,0,0) !important;}"]