Dankie dat jy 'n verskil maak
Finansies
Diensgroep Finansies
Dit is met groot waardering dat die Diensgroep Finansies lidmate wil bedank vir die volgehoue ondesteuning gedurende n uiters vreemde en uitdagende jaar. Die pandemie het ‘n invloed op almal gehad, insluitende Constantiakruin.
Met die einde van die finansiële jaar om die draai, is ons baie dankbaar om te rapporteer dat die jaar beter gaan afsluit as waarvoor begroot is. Hoewel ons baie dankbaar is vir die lidmate wat getrou hul bydraes gemaak het, veral ook tydens die 10de Maand aksie, moet ons in ag neem dat die laer uitgawes, wat n gevolg is van die pandemie en die grendeltye wat in die Gemeente gegeld het, ons in staat gestel het ombeter te eindig as begroot. Ons bly egter baie dankbaar vir die volgehoue finansiële ondersteuning wat ons in staat gestel het om al die leraars en personeel te kan bly betaal en so die digitale dienste in die Gemeente te kan aanbied.
Tydens die afgelope Gemeenteraad’s vergadering, is die begroting vir die volgende finansiële jaar goedgekeur. Hoewel dit uiters moeilik was om te bepaal of die nuwe jaar normaal, amper normaal of nogsteeds abnormaal gaan wees, is die ervaring van die afgelope jaar gebruik om ons hierin te help. In die begroting word voorsiening gemaak vir:
- Die volgehoue ondersteuning van ons Hulp & Hoop aksie,
- Die behoud van die huidige personeel,
- Instandhouding van die eiendomme, asook
- Befondsing vir die kontinue kontak met die jeug.
‘n Groot addisionele uitgawe waarvoor voorsiening gemaak moes word is die nuwe Digitale Diensgroep wat verantwoordelik sal wees vir die “digitale kampus”. Dit is baie duidelik dat die “ou normaal” nie gou, indien ooit, weer sal plaasvind nie. Daar word van gemeentes verwag om nou die lidmate se behoeftes anders aan te spreek deur ‘n meer moderne en digitale aanslag. Ons het voorsiening gemaak dat daardie behoefte goed aangespreek word. Dit bly egter van uiterse belang dat ons lidmate so ver moontlik, hul maandelikse dankoffers asook offergawes, bly bydra om die Gemeente in staat te stel om die doelwitte vir die nuwe jaar te kan bereik.
Baie dankie nogmaals vir die volgehoue ondersteuning!!
Groete in Christus.
SnapScan:

Bank Besonderhede:
ABSA Tjek reknr: 106 3330 384
Tak: Florida / 632 005