Erediens

Liedere

Ek weet verseker

Verse 1

Ek weet vir seker:

Jesus is Heer –

Hy het my sonde

uit liefde vergeef.

Ek was verlore,

maar is gevind;

nou het ek vrede –

ek is Gods kind.

Chorus

Hy is my leidsman –

Hy laat my leef.

Hy is oorwinnaar –

Hy is die Heer.

Uit sy genade,

liefde en trou,

weet ons hoe God sy

kinders behou.

Verse 2

Lig is sy las en

sag is sy juk.

Hy gee vermoeides

die ware geluk.

Selfs as ek struikel,

en dit berou –

Hy sal vergewe,

Hy bly getrou.

Chorus

Hy is my leidsman –

Hy laat my leef.

Hy is oorwinnaar –

Hy is die Heer.

Uit sy genade,

liefde en trou,

weet ons hoe God sy

kinders behou.

O Heer my God

 Verse 1

O Heer my God,

as ek in eerbied wonder –

en al U werke elke dag aanskou:

die son en maan,

die aarde, sterre, wolke,

hoe U dit elke dag so onderhou…

Chorus

Dan moet ek juig,

my Redder en my God!

Hoe groot is U; hoe groot is U!

Want deur die hele skepping klink dit saam:

hoe heerlik, Heer, U grote Naam!

Verse 2

Ek sien die veld –

die bosse, berge, vlaktes.

Ek hoor hoe fluister

grasse, stroom en wind.

O Heer, U sorg

vir klein, vir groot, vir alles

en U sorg dag na dag vir my, U kind.

Chorus

Dan moet ek juig,

my Redder en my God!

Hoe groot is U; hoe groot is U!

Want deur die hele skepping klink dit saam:

hoe heerlik, Heer, U grote Naam!

Soos ‘n wildsbok

Verse 1

Soos ‘n wildsbok

wat smag na water,

smag my siel na U,

o Heer.

U alleen is

my hartsverlange

en ek bring aan U

die eer.

U alleen

is my bron van krag

in U teenwoordigheid

wil ek wag.

U alleen

is my hartsverlange

en ek bring aan U

die eer.

Verse 2

Heer my rots,

net op U vertrou ek

en ek volg U elke dag.

U aanbid ek,

o Here Jesus

en ek loof

U vir altyd.

Vredevors

en Verlosser,

Heer,

voor U lê ek

nou my lewe neer.

U aanbid ek,

o Here Jesus

en ek loof

U vir altyd!

Nader my God by U

Verse 1

  1. Nader, my God, by U,

nog naderby.

U is om Christus wil

Vader vir my.

U liefde bly my by –

nader, my God, by U,

nader, my God, by U,

nog naderby.

Verse 2

  1. U ken my angs en vrees,

U staan my by.

U lei my deur u Gees,

maak my weer vry.

U Woord verseker my:

Nader, my God, by U;

nader, my God, by U,

nog naderby.

Êrens kom ‘n kind vandaan

Vers1

Êrens kom ’n kind vandaan –

weerloos, klein en sonder naam.

Daarom gee U hom ’n huis,

gee U ouers wat sal sê:

Jy, jy, jy –  kom woon hier by ons!

Ons sal in die wêreld

oor jou menswees waak.

Ons sal sorg dat liefde jou ’n mens sal maak.

Ons sal sorg dat liefde jou ’n mens sal maak.

Vers 2

Maar geen huis kan sonder hulp,

sonder ander op die pad.

Daarom gee U hul ’n kerk,

gee gemeentes wat sal sê:

Jy, jy, jy –  kom woon hier by ons!

Ons is ook gedooptes

vry van skuld soos jy.

Saam drink ons die water in die Woord te kry.

Saam drink ons die water in die Woord te kry.

Vers 3

Mensewoorde sê te min –

ons moet by u Woord begin.

Daarom praat U deur die doop,

daarom dat U self ook sê:

Jy, jy, jy –  kom woon hier by My!

Lank voor jou geboorte

het Ek jou gevind.

Ek wil vir jou God wees. Wees vir My my kind.

Ek wil vir jou God wees. Wees vir My my kind.

Helder skyn u lig

Verse 1

Helder skyn u lig

vir die nasies,

‘n vreugdeglans

om die mense te verlig

tot die hele wêreld

kan sien

U is die lig.

Mag u lig, Heer, deur ons skyn.

Verse 2

Vrolik klink ons lied

vir die volke,

‘n pryslied bring

al die nasies om ons saam

tot die hele wêreld

kan jubel oor u Naam

Mag u lof, Heer,

deur ons klink.

Verse 4

Heer, u Woord

gee hoop aan die nasies;

‘n hartvol hoop

om die volke te verbly

tot die hele wêreld

kan glo dat U bevry.

Mag U hoop, Heer,

deur ons gee.

Volg ons
Kaart
Kontak ons
   Liebenbergweg 15,
      Constantia Kloof
    
   info@constantiakruin.co.za
    
   (011) 475 1440
    
   076 791 2312
    
Stuur 'n boodskap

Snap scan en Bank
snapscan

Bank Besonderhede:
ABSA Tjek reknr: 106 3330 384
Tak: Florida / 632 005

KONTAK / EREDIENSTE

Kontak inligting:

Tel: (011) 475 1440
Epos: info@constantiakruin.co.za
Adres: Liebenbergweg 15, Constantia Kloof

Eredienste

Sondae gedurende skoolkwartale
08:15 – Eerste erediens
10:00 – Tweede erediens
10:00 – Andrew Murray service
17:00 – InSync erediens
17:00 – Dieperdelf
Gedurende skoolvakansies en langnaweke is daar geen Kapeldiens, InSync en Kategese nie, maar die oggend eredienste bly dieselfde.

Waar is ons?

GEBEURE / KALENDER
[trx_sc_events type="detailed" past="" cat="48" orderby="post_date" slider="" title_style="default" count="6" columns="1" css=".vc_custom_1596550758633{background-color: rgba(0,0,0,0.01) !important;*background-color: rgb(0,0,0) !important;}"]