Constantiakruin Gemeente

Covid-Kronieke Skryf en Skilder Kompetisie

PROSA

TEMA
Covid-19 | Lockdown | Pandemie
WOORDE
1000 tot 1800 woorde
TAAL
Afrikaans en Engels

Skryf ‘n kortverhaal rakende die tema met jou persoonlike invalshoek. Daar is geen beperking. Hierdie projek word in boekvorm gebind en elektronies gepubliseer, daarom vermy kraswoorde en ander onwelvoeglike uitdrukkings.

POËSIE

TEMA
Covid-19 | Lockdown | Pandemie
TAAL
Afrikaans en Engels

Skryf ‘n gedig rakende die tema met jou persoonlike invalshoek. Daar is geen beperking. Hierdie projek word in boekvorm gebind en elektronies gepubliseer, daarom vermy kraswoorde en ander onwelvoeglike uitdrukkings.

KUNS

TEMA
Covid-19 | Lockdown | Pandemie
MEDIUM
Grootte tot en met A3. Papier, bord, doek word toegelaat. Potlood, pen, houtskool en alle tipes verf. Slegs 2D kunswerke.

Skep ‘n kunswerk wat die tema met jou persoonlike invalshoek voorstel. Daar is geen beperking. Hierdie projek word in boekvorm gebind en elektronies gepubliseer, daarom vermy kraswoorde en ander nwelvoeglike uitdrukkings.

SKRYF IN!!!!

PRYSGELD: R3000 per afdeling wenner
SLUITINGSDATUM: 15 Oktober 2021

E-pos: wicus@constantiakruin.co.za, of jou geliefde Taalonderwyser.

Stemme wat nie bang is om te praat nie, oë wat emosie kaats en hande wat die waarheid vasvang is die begin van ‘n samelewing wat hoop, opstaan en ‘n nuwe toekoms skep. Deur kortverhale, gedigte en kuns kry jy die kans om Covid se stilte te breek en deel te wees van legendes wat die samelewing genees, instaan vir die swakkes en die begin van nuwe hoop.

Covid en alles wat daarmee saamgaan het ‘n groot effek gehad op die lewe soos ons dit ken. Daar is pyn, seer en onsekerheid waarvoor niemand gevra het nie. Indien jy tydens die skep van jou werkstuk nodig het om met iemand te gesels oor die impak van die pandemie kan jy gerus vir jou begeleir by die skool kontak of vir Wicus vd Merwe ‘n WhatsApp stuur by 082 337 1568. Ons wil graag jou stem hoor.

TERME

1. Sluitingsdatum is 15 Oktober 2021. Inskrywings het geen koste nie.

2. Prosa en Poësie word gedruk en ingehandig by Hoërskool Florida of Constantiakruin Gemeente, 17 Liebenbergweg, Constantiakloof, voor of op die sluitingsdatum. Hierdie word vergesel deur ‘n inskrywingsvorm wat digitaal gestuur kan word of uitgedruk en saam met die finale werk ingedien word. Oorspronklike kunswerke word ingehandig by Hoërskool Florida of Constantiakruin Gemeente, 17 Liebenbergweg, Constantiakloof, voor of op die sluitingsdatum. Hierdie word vergesel deur ‘n inskrywingsvorm wat digitaal gestuur kan word of uitgedruk en saam met die finale werk ingedien word.

3. Elke afdeling het kundige beoordelaars en die besluit van die beoordelaars is finaal.

4. Wenners sal in November aangekondig word en op Constantiakruin Gemeente sowel as Hoërskool Florida se webwerf gepubliseer word.

5. Met inskrywings gee elke deelnemer toestemming dat die betrokke werk verder deur die kompetisie liggaam gebruik mag word om vir die doel van publikasie, gedruk en elektronies, sonder dat die deelnemer enige verdere toestemming sal verleen. Deelnemers sal ook geen aanspraak hê op fondse gegenereer van enige publikasie of verdere projekte waarin die stukke gebruik word nie.

6. Erkenning deur verwysing na die outeur en skepper sal wel gegee word waar dit verder aangewend mag word.

LAAI JOU INSKRYWINGSVORM HIER AF

Volg ons
Kaart
Kontak ons
   Liebenbergweg 17,
      Constantia Kloof
    
   info@constantiakruin.co.za
    
   (011) 475 1440
    
   076 791 2312
    
Stuur 'n boodskap

Snap scan en Bank
snapscan

Bank Besonderhede:
ABSA Tjek reknr: 106 3330 384
Tak: Florida / 632 005

KONTAK / EREDIENSTE

Kontak inligting:

Tel: (011) 475 1440
Epos: info@constantiakruin.co.za
Adres: Liebenbergweg 15, Constantia Kloof

Eredienste

Sondae gedurende skoolkwartale
08:15 – Eerste erediens
10:00 – Tweede erediens
10:00 – Andrew Murray service
17:00 – InSync erediens
17:00 – Dieperdelf
Gedurende skoolvakansies en langnaweke is daar geen Kapeldiens, InSync en Kategese nie, maar die oggend eredienste bly dieselfde.

Waar is ons?

GEBEURE / KALENDER
[trx_sc_events type="detailed" past="" cat="48" orderby="post_date" slider="" title_style="default" count="6" columns="1" css=".vc_custom_1596550758633{background-color: rgba(0,0,0,0.01) !important;*background-color: rgb(0,0,0) !important;}"]