Constantiakruin Gemeente
2021 Bybel-memoriseer program
Bêre hierdie in jou hart
Inleiding: Nadat ons in 2020 die Bybel saam as gemeente deurgelees het, maak dit sin dat ons een stap verder gaan, naamlik Bybelteks memorisering. Daar is baie plekke in die Bybel waar die volk van die Here opgeroep word om sy groot werke te onthou, en as ‘n mens dink aan gedeeltes soos Ps 119, sien ons hoe kragtig God se Woord in sy kinders se lewens kan werk. Dallas Willard het gesê indien hy een geloofs-gewoonte kan uitlig bo die ander, is dit die memoriseer van God se Woord. Vir dissipelskap is dit ‘n sleutel tree in die regte rigting. Hierdie is ‘n 42 weke per jaar Program wat oor twee jaar sal strek om uiteindelik 84 Bybelgedeeltes te memoriseer – spesifiek Bybelgedeeltes wat spreek tot ons Geloofsreis. Hier sluit ons ook aan by die Bybelgenootskap se E100-Uitdaging, waar hulle lesers uitdaag om die 100 sleutel Bybelgedeeltes wat die verhaal van God beskryf, deur te lees. Daar is 7 Polsslae, en elke teks word gekoppel aan ‘n polsslag om die fondasies en geloofs-inhoud van die geloofsreis te onderstreep. Hierdie 42 tekse sal weekliks vir die 10 maande van Februarie tot November, uitgepak word (Maar nie noodwendig in die volgorde soos hieronder uiteengesit nie)
Ons moedig gemeentelede aan om as individue hierdie Bybelgedeeltes diep in hul harte en gedagtes te bêre, omdat dit jou geloof sal versterk, jou sal bemoedig en troos in moeilike tye, jou sal adviseur op die weg wat jy moet gaan. Maar ons moedig ook selgroepe aan om hierdie teksgedeeltes saam te memoriseer, en saam daaroor te gesels en kuier, en te sien wat die ryke verskeidenheid van betekenisse en insig is wat die Gees vir julle as groep daaruit leer. Mag ons reis saam in God se Woord ons lewens as dissipels van Hom help vorm, en die diepte in ons geloofslewens op hierdie manier toeneem!!
Polsslag
Tema
Die belang van Bybel-teks memoriseering en meditering.
Teks
Psalm 119:105
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
Polsslag
Tema
Word stil voor die Here
Teks
2 Korintiërs 4:7
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
2 Korintiërs 4:18
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Polsslag
Tema
Liefde motiveer al God se doen en late.
Teks
Johannes 3:16
God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Polsslag
Tema
Alle mense is uniek!
Teks
Jakobus 1:5
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.
Week
Polsslag
Tema
Net ‘n gemeente waar daar sigbare en tasbare liefde is, kan Jesus effektief aan die wereld demonstreer.
Teks
Johannes 13:34-35
Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
Week
Polsslag
Tema
Ons ontvang die opdrag om met goeie nuus in die wêreld in te gaan.
Teks
Lukas 10:2-3
Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.
Week
Polsslag
Tema
Ons lewe reeds in Jesus se nuwe Koninkryk – dit moet ons lewe en strewe wees.
Teks
Matteus 6:33
Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
Week
Polsslag
Tema
Jesus se sterwe bring lewe, en die impak van sy kruisdood vir ons.
Teks
Jesaja 53:5
Oor ons oortredings is Hy deurboor, oor óns sondes is Hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.
Week
Polsslag
Tema
Ek is op ‘n geloofsreis met hierdie Herder, en as gevolg daarvan is ek op die plek van maksimum seen.
Teks
Psalm 23:1
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Week
Polsslag
Tema
Wanneer Jesus jou Here is, volg dit dat jy jou eenheid met Hom sal koester.
Teks
Kolossense 2:6
Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe,
Week
Polsslag
Tema
Die Heilige Gees is ons Voorspraak, Hy leer ons wat ons nodig het om te weet en herinner ons aan Jesus se Woorde.
Teks
Johannes14:26
..en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Week
Polsslag
Tema
Elkeen van ons is geskep om ons lewens te wy aan die Here se unieke planne vir ons lewens.
Teks
Efesiërs 2:10
God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
Week
Polsslag
Tema
Die voorreg van kindskap van God, en die Heilige Gees wat ons daarin bystaan.
Teks
Romeine 8:15
Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.
Week
Polsslag
Tema
In ‘n geloofsfamilie is ons emosies van hartseer en geluk onlosmaaklik aan mekaar verbonde.
Teks
1 Korintiërs 12:26
As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
Week
Polsslag
Tema
Hierdie is die riglyne vir die lewe in Jesus se Koninkryk. Ons nuwe manier van bestaaan in hierdie wêreld.
Teks
Matteus 5:3
Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
Week
Polsslag
Tema
Die Gees inspireer ons om die goeie nuus van Christus aan ander oor te dra.
Teks
Handelinge 1:8
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
Week
Polsslag
Tema
Die troos dat ons geborge is in die Here se sorg.
Teks
Romeine 8:28
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.
Week
Polsslag
Tema
Stilword by die Here is ‘n belangrike geloofs-dissipline.
Teks
Psalm 46:11
Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.
Week
Polsslag
Tema
Die belang van die Heilige Gees, en hoe om Hom te ontvang.
Teks
Lukas 11:13
As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee—die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”
Week
Polsslag
Tema
Hoe om die oorvloed lewe te beleef, en die krag van God se Woord in jou lewe te ervaar.
Teks
Psalm 1:1-2
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.
Week
Polsslag
Tema
Die geloofsfamilie moet mekaar hoog ag.
Teks
Lukas 22:26
Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien.
Week
Polsslag
Tema
Gebed is ons belangrikste hulpmiddel om ons gemeenskap met God in stand te hou.
Teks
Matteus 6:9-13
So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.
Week
Polsslag
Tema
Ons liefdevolle Vader wil ons transformeer om liefdevolle mense te word.
Teks
1 Korintiërs 13:1
Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword.
Week
Polsslag
Tema
Ons roeping om ander op die Here se pad te bring.
Teks
Daniel 12:3
Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self, en dié wat baie mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos die sterre.
Week
Polsslag
Tema
Ons kry ‘n kykie na die Vaderhart: so voel Hy oor sy geliefde kinders.
Teks
Matteus 3:17
Daar was ook ’n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”.
Week
Polsslag
Tema
Blymoedigheid is ‘n kenmerk van kinders van die Here. Ons moet dit ontwikkel!
Teks
Filippense 4:4
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
Week
Polsslag
Tema
Sondes verbreek ons verhouding met ons Vader, en daarom moet ons sensitief word om dit nie toe te laat in ons lewens nie.
Teks
Jesaja 59:2
Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie.
Week
Polsslag
Tema
Die vrug van die Gees
Teks
Galasiërs 5:22-23
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
Week
Polsslag
Tema
Al die gebooie en wette kan saamgevat word in die liefdesgebod.
Teks
Matteus 22:36-40
Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”
Week
Polsslag
Tema
Om Jesus se juk (leefstyl) op ons te neem, fokus ons lewens en bring ons tot rus.
Teks
Matteus 11:28-30
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”
Week
Polsslag
Tema
Die Heilige Gees help jou om die regte koers te handhaaf in jou lewe.
Teks
Jesaja 30:21
Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ’n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.”
Week
Polsslag
Tema
Beide Jesus en die Satan het ‘n plan vir jou lewe – hoe bring Jesus heelheid na jou lewe? Hoe veroorsaak Satan wonde in jou lewe?
Teks
Johannes 10:10
‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.
Week
Polsslag
Tema
Ons is die sout / lig vir die wereld – ons bring verandering met ons menswees.
Teks
Matteus 5: 13-16
“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. “Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ’n mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
Week
Polsslag
Tema
Ons is die sout / lig vir die wereld – ons bring verandering met ons menswees.
Teks
Romeine 5:8
Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was..
Week
Polsslag
Tema
Ons verbondendheid aan Jesus is die sleutel tot ons lewe.
Teks
Johannes 15:5
Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.
Week
Polsslag
Tema
Om ons lewensroeping uit te leef, bied die Here sy wysheid aan.
Teks
Jakobus 1:5
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.
Week
Polsslag
Tema
God is die toonbeeld van liefde, en ons is geroep om dit te reflekteer.
Teks
1 Johannes 4:7-8
Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ’n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.
Week
Polsslag
Tema
Die Name van Jesus, en wat dit vir ons beteken.
Teks
Jesaja 9:5
Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
Week
Polsslag
Tema
Die diep, innige verhouding tussen Jesus en sy volgelinge.
Teks
Johannes 10:14
Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My.
Week
Polsslag
Tema
Die seen en beskerming wat die kinders van die Here geniet.
Teks
Psalm 91:1-2
Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”
Week
Polsslag
Tema
Die gewoonte van dankbaar leef, moet deel van ons daaglikse doen en late word.
Teks
Psalm 16:5-6
Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. 6’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.