Constantiakruin Gemeente

2022 Bybel-memoriseerprogram

Bêre hierdie in jou hart

Inleiding:  Nadat ons in 2020 die Bybel saam as gemeente deurgelees het, maak dit sin dat ons een stap verder gaan, naamlik Bybelteksmemorisering.  Daar is baie plekke in die Bybel waar die volk van die Here opgeroep word om sy groot werke te onthou, en as ‘n mens dink aan gedeeltes soos Ps 119, sien ons hoe kragtig God se Woord in sy kinders se lewens kan werk. Dallas Willard het gesê indien hy een geloofs-gewoonte kan uitlig bo die ander, is dit die memoriseer van God se Woord. Vir dissipelskap is dit ‘n sleutel tree in die regte rigting. Hierdie is ‘n 42 weke per jaar Program wat oor twee jaar sal strek om uiteindelik  84 Bybelgedeeltes te memoriseer – spesifiek Bybelgedeeltes wat spreek tot ons Geloofsreis.  Hier sluit ons ook aan by die Bybelgenootskap se E100-Uitdaging, waar hulle lesers uitdaag om die 100 sleutel Bybelgedeeltes wat die verhaal van God beskryf, deur te lees. Daar is 7 Polsslae, en elke teks word gekoppel aan ‘n polsslag om die fondasies en geloofs-inhoud van die geloofsreis te onderstreep. Hierdie 42 tekse sal weekliks vir die 10 maande van Februarie tot November, uitgepak word (Maar nie noodwendig in die volgorde soos hieronder uiteengesit nie)

Ons moedig gemeentelede aan om as individue hierdie Bybelgedeeltes diep in hul harte en gedagtes te bêre, omdat dit jou geloof sal versterk, jou sal bemoedig en troos in moeilike tye, jou sal adviseur op die weg wat jy moet gaan.  Maar ons moedig ook selgroepe aan om hierdie teksgedeeltes saam te memoriseer, en saam daaroor te gesels en kuier, en te sien wat die ryke verskeidenheid van betekenisse en insig is wat die Gees vir julle as groep daaruit leer. Mag ons reis saam in God se Woord ons lewens as dissipels van Hom help vorm, en die diepte in ons geloofslewens op hierdie manier toeneem!!

Polsslag

Tema

Jesus leer ons dat ons liefde vir Hom, sigbaar moet word vir ons naaste.

Teks

Matteus 25:40

“Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”

Polsslag
Tema

Die Here ons skepper is nooit klaar met sy skeppingswerk aan ons nie.

Teks

2 Korintiërs 5:17

“Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”

Polsslag
Tema

Ons wat Jesus lief het en volg sien uit na die heerlikheid wat God belowe as ‘n gewaarborgde sekerheid!

Teks

Romeine 8:29

“Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.”

Polsslag
Tema

Jesus se doop wys na ‘n liefdevolle Vader, wat nie opgee op Sy skepping nie en dit verwys na ‘n Koninkryk op aarde waar Jesus ons innooi en wys hoe om te lewe as mense geskape na die beeld van God.

Teks

Matteus 3:17

Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”

Polsslag
Tema

Dissipels moet groei in hul Godskennis, want Hy is ons Model en ons strewe, maar ons moet ook groei in ons selfkennis, sodat daar groei en transformasie in ons eie menswees kan ontwikkel.

Teks

Jeremia 29:11

“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”

Polsslag
Tema

Ons kies om mekaar te dien.

Teks

Johannes 13:35

“As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Polsslag
Tema

Met ons oorgawe van ons situasies aan God kan ons ons boeties en sussies troos en help met dieselfde genade wat ons ontvang het.

Teks

Genesis 45:4

Toe sê Josef vir sy broers: “Kom asseblief nader na my toe”

Polsslag
Tema

Wat beteken vergifnis vir jou?

Teks

Lukas 23:34

Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

Polsslag
Tema

Erken Jesus se Koningskap oor jou totale lewe.

Teks

Lukas 23:43

Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

Polsslag
Tema

Jesus spreek ter wille van ander rondom Hom.

Teks

Johannes 19:26-27

Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.

Polsslag
Tema

Die besef – God sal ons nooit verlaat nie.

Teks

Matteus 27:46

Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?

Polsslag
Tema

Met Jesus sal jy nooit weer dors hê nie.

Teks

Johannes 19:28-29

Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was — sodat die Skrif vervul sou word — het Jesus gesê: Ek het dors! En daar het ‘n kan vol asyn gestaan; en hulle het ‘n spons met asyn gevul en op ‘n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.

Polsslag
Tema

Jesus Christus het alles op die kruis voltooi.

Teks

Johannes 19:30

Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

Polsslag
Tema

Die regte taal vir die dood is taal van intimiteit en verbondenheid aan God.

Teks

Lukas 23:46

Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.

Polsslag
Tema

“…want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.”

Teks

Johannes 20:29

Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.”

Polsslag
Tema

Die pad saam met Jesus is ‘n Geesvervulde een.

Teks

Lukas 24:32

Hulle sê toe vir mekaar: “Was ons harte nie vuur en vlam in ons toe Hy met ons op pad gepraat en die Skrif vir ons geïnterpreteer het nie?”

Polsslag
Tema

Die Here sal weer kom.

Teks

Johannes 20:17

Jesus sê toe vir haar: “Moet My nie vashou nie, want Ek het nog nie na die Vader toe opgevaar nie. Maar gaan na my broers toe en sê vir hulle: ‘Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God, wat ook julle God is.”

Polsslag
Tema

Jesus se instruksie is eenvoudig. “Volg my”.

Teks

Johannes 21:19

Dit het Jesus gesê en daarmee aangedui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik.
Daarna sê Hy vir hom: “Volg My!”

Polsslag
Tema

God verwag dat ons dissipels moet maak.

Teks

Matteus 28:19-20

Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Polsslag
Tema

Jesus verander ons hoe meer ons in Sy oorvloed leef.

Teks

Matteus 5:22 

Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ‘n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie hom uitskel vir ‘n idioot, is strafbaar met die helse vuur.

Polsslag
Tema

Die riglyn vir gebed

Teks

Matteus 6:9-15

“So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; …

Polsslag
Tema

Volg Jesus se voorbeeld van integriteit.

Teks

Matteus 5:37

“Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose.”

Polsslag
Tema

Ons kan nie perfek wees nie maar moet Jesus se voorbeeld uit leef.

Teks

Matteus 5:48

“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”

Polsslag
Tema

Dit maak die meeste saak wat die Here van ons dink.

Teks

Matteus 6:2

“As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.”

Polsslag
Tema

Jesus leer ons om skatte in die Hemel bymekaar te maak.

Teks

Matteus 6:22

“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê.”

Polsslag
Tema

Die Here sorg en versorg.

Teks

Matteus 6:34

“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”

Polsslag
Tema

Jesus sê ons moet nie oordeel nie.

Teks

Matteus 7:12

“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.”

Polsslag
Tema

Woorde kan breek of bou.

Teks

1 Tessalonisense 5:11

“Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen.”

Polsslag
Tema

Die Bybel leer ons om eensgesind te wees en ook ander hoër te ag as onsself.

Teks

1 Filippense 2:3

“Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.”

Polsslag
Tema

Liefdevolle vermaning is nodig wanneer ‘n broer of suster af wyk van die Christelike geloof.

Teks

Spreuke 27:5

“’n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly.”

Polsslag
Tema

Wees waaksaam en bid gedurig vir gelowiges.

Teks

Efesiërs 6:18

“Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.”

Polsslag
Tema

Alles wat ons doen moet tot eer van God wees.

Teks

Romeine 14:7-8

“Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.”

Polsslag
Tema

So moeilik as wat dit voorkom verwag die Here dat ons moet vergewe soos Hy vergewe.

Teks

Matteus 18:22

“…Ek sê vir jou, nie sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe keer.”

Polsslag
Tema

God gee ons die instruksie maar ook vooreg om mekaar te dien en bedien.

Teks

Johannes 12:26

“As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.”

Polsslag
Tema

God se doel sal duidelik wees met die koms van Jesus.

Teks

1 Korintiërs 13:12

“Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.”

Polsslag
Tema

Ons moet God se Woord lees EN toepas in ons lewe.

Teks

Jakobus 1:23 en 24

“Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat wat na sy gesig in ‘n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.”

Polsslag
Tema

Ons almal val kort wanneer dit kom by die Heerlikheid van God.

Teks

Lukas 18:13

“Maar die tollenaar het daar ver bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het bedroef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig.’

Polsslag
Tema

Wanneer God praat van gee bedoel Hy dat jy jouself oorgee.

Teks

Markus 12:44

“Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.”

Polsslag
Tema

Daar is geen einde aan God se ontferming nie.

Teks

Lukas 1:50

“Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan die wat Hom eer”

Polsslag
Tema

Ons leefstyl moet om Jesus gefokus wees.

Teks

Filippense 2:5

“Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was”

Polsslag
Tema

Ons moet sonder skaam die Here volg.

Teks

Romeine 1:5

“…op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus ons Here.”

Polsslag
Tema

Jesus het jou lief. Punt.

Teks

Johannes 3:16

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal
gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

Polsslag
Tema

Ons vind ons vrede in Jesus.

Teks

Matteus 1:1 en 16-17

“Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham:.. Jakob was die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word. Altesaam was daar dus veertien geslagte van Abraham af tot by Dawid, veertien van Dawid af tot by die Babiloniese ballingskap en veertien van die Babiloniese ballingskap af tot by Christus.”

Volg ons
Kaart
Kontak ons
   Liebenbergweg 17,
      Constantia Kloof
    
   info@constantiakruin.co.za
    
   (011) 475 1440
    
   076 791 2312
    
Stuur 'n boodskap

Snap scan en Bank
snapscan

Bank Besonderhede:
ABSA Tjek reknr: 106 3330 384
Tak: Florida / 632 005

KONTAK / EREDIENSTE

Kontak inligting:

Tel: (011) 475 1440
Epos: info@constantiakruin.co.za
Adres: Liebenbergweg 15, Constantia Kloof

Eredienste

Sondae gedurende skoolkwartale
08:15 – Eerste erediens
10:00 – Tweede erediens
10:00 – Andrew Murray service
17:00 – InSync erediens
17:00 – Dieperdelf
Gedurende skoolvakansies en langnaweke is daar geen Kapeldiens, InSync en Kategese nie, maar die oggend eredienste bly dieselfde.

Waar is ons?

GEBEURE / KALENDER
[trx_sc_events type="detailed" past="" cat="48" orderby="post_date" slider="" title_style="default" count="6" columns="1" css=".vc_custom_1596550758633{background-color: rgba(0,0,0,0.01) !important;*background-color: rgb(0,0,0) !important;}"]