Constantiakruin Gemeente
2021 Bybel-memoriseerprogram
Bêre hierdie in jou hart
Inleiding: Nadat ons in 2020 die Bybel saam as gemeente deurgelees het, maak dit sin dat ons een stap verder gaan, naamlik Bybelteksmemorisering. Daar is baie plekke in die Bybel waar die volk van die Here opgeroep word om sy groot werke te onthou, en as ‘n mens dink aan gedeeltes soos Ps 119, sien ons hoe kragtig God se Woord in sy kinders se lewens kan werk. Dallas Willard het gesê indien hy een geloofs-gewoonte kan uitlig bo die ander, is dit die memoriseer van God se Woord. Vir dissipelskap is dit ‘n sleutel tree in die regte rigting. Hierdie is ‘n 42 weke per jaar Program wat oor twee jaar sal strek om uiteindelik 84 Bybelgedeeltes te memoriseer – spesifiek Bybelgedeeltes wat spreek tot ons Geloofsreis. Hier sluit ons ook aan by die Bybelgenootskap se E100-Uitdaging, waar hulle lesers uitdaag om die 100 sleutel Bybelgedeeltes wat die verhaal van God beskryf, deur te lees. Daar is 7 Polsslae, en elke teks word gekoppel aan ‘n polsslag om die fondasies en geloofs-inhoud van die geloofsreis te onderstreep. Hierdie 42 tekse sal weekliks vir die 10 maande van Februarie tot November, uitgepak word (Maar nie noodwendig in die volgorde soos hieronder uiteengesit nie)
Ons moedig gemeentelede aan om as individue hierdie Bybelgedeeltes diep in hul harte en gedagtes te bêre, omdat dit jou geloof sal versterk, jou sal bemoedig en troos in moeilike tye, jou sal adviseur op die weg wat jy moet gaan. Maar ons moedig ook selgroepe aan om hierdie teksgedeeltes saam te memoriseer, en saam daaroor te gesels en kuier, en te sien wat die ryke verskeidenheid van betekenisse en insig is wat die Gees vir julle as groep daaruit leer. Mag ons reis saam in God se Woord ons lewens as dissipels van Hom help vorm, en die diepte in ons geloofslewens op hierdie manier toeneem!!
Polsslag
Tema
Die belang van Bybel-teks memoriseering en meditering.
Teks
Psalm 119:105
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
Polsslag
Tema
Word stil voor die Here
Teks
2 Korintiërs 4:7
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
2 Korintiërs 4:18
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Polsslag
Tema
Liefde motiveer al God se doen en late.
Teks
Johannes 3:16
God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Polsslag
Tema
Alle mense is uniek!
Teks
Jakobus 1:5
As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.
Polsslag
Tema
Net ‘n gemeente waar daar sigbare en tasbare liefde is, kan Jesus effektief aan die wereld demonstreer.
Teks
Johannes 13:34-35
Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
Polsslag
Tema
Ons ontvang die opdrag om met goeie nuus in die wêreld in te gaan.
Teks
Matteus 28:19-20
Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
Polsslag
Tema
Jou Geloofsreis is die ruimte waar ek God kan hoor en volg.
Teks
Johannes 1:38-39
38Toe Jesus omkyk en sien dat hulle Hom volg, vra Hy vir hulle: “Wat soek julle?” en hulle het Hom geantwoord: “Rabbi” – dit beteken leermeester – “waar gaan U tuis?”
39Hy sê toe vir hulle: “Kom saam, dan sal julle sien.”
Hulle het toe gegaan en gesien waar Hy tuis gaan. Dit was omtrent vieruur die middag, en hulle het die res van die dag by Hom gebly.
Polsslag
Tema
Jesus se sterwe bring lewe, en die impak van sy kruisdood vir ons.
Teks
Lukas 22:40
Toe Hy op die plek aankom, sê Hy vir hulle: “Bid dat julle nie in die versoeking kom nie.”.
Polsslag
Tema
Op die geloofsreis het ons geleer dat Godskennis en selfkennis hand-aan-hand loop. Jy kan nie God werklik leer ken, as jy nie ook moeite doen om jouself beter te leer ken nie.
Teks
Efesiërs 2:10
God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het..
Polsslag
Tema
Tot hoe ‘n mate is jy bereid om God te vertrou?
Teks
Genesis 22:8
Abraham het geantwoord: “My seun, God sal sy eie offerlam voorsien.” Daarna het hulle twee saam verder gestap.
Polsslag
Tema
Ons het ‘n maand gelede Paasfees gevier: die hoogtepunt van die Christelike kalender: Niemand het groter liefde as dit nie: om sy lewe vir sy vriende af te lê. Jesus het dit gedoen, ter wille van ons.
Teks
Johannes 12:24
Dít verseker Ek julle: As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in.
Polsslag
Tema
Hier word op ‘n besondere manier oor die laaste oordeel gepraat. Jesus verduidelik dat liefde en barmhartigheid die onderskeidende vrug of teken sal wees wanneer die skape en bokke geskei word.
Teks
Matteus 25:40
En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.
Polsslag
Tema
Moet Hom nie aanroep as Here, en dan omdraai en die teenoorgestelde gaan doen nie.
Teks
Lukas 6:45
Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.
Polsslag
Tema
Matteus plaas hierdie onderrig van Jesus oor gebed reg in die middel van die Bergrede: Hierdie is ons Rabbi en Leermeester wat ons die geheim leer van ‘n egte geestelike lewe.
Teks
Matteus 6:9-13
“So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.”
Polsslag
Tema
Die oordeelsdag van die Here het egter ook ‘n keersy. Dit gaan nie net om die straf en vernietiging van die ongehoorsame volk van God nie. Hierdie ander kant van die “dag van die Here” hou verband met die
“res” van Juda wat die oordeel oorleef en vry spring.
Teks
Jesaja 6:8
“Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”
Polsslag
Tema
Omdat gebed altyd ons fokus op die Here plaas, kan ons nie anders as om sy majesteit raak te sien en sy Naam daardeur te verheerlik nie.
Teks
Galasiërs 6:2
“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”
Polsslag
Tema
Jesus laat nie die dissipels alleen agter nie. Die dissipels word gerus gestel dat Jesus die Heilige Gees stuur om hulle verder te leer en begelei.
Teks
Johannes 17:11
“Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees. ”
Polsslag
Tema
Hier lees ons in 1 Tessalonisense van ‘n gemeente wat onder moeilike omstandighede en swaarkry (net soos ons pandemie), nog steeds met blydskap kon leef.
Teks
1 Tessalonisense 1:3
Sonder ophou, bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op die Here Jesus Christus.
Polsslag
Tema
Betoon liefde aan mekaar (soos Paulus die voorbeeld stel) soos ‘n Ma en ‘n Pa.
Teks
1 Tessalonisense 3:12
“En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. ”
Polsslag
Tema
Die Tessalonisense het ‘n wilsbesluit geneem om die Lewende God te aanbid en weg te draai van die lewelose afgode.
Teks
1 Tessalonisense 4:14 en 18
Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem. 18 Troos mekaar dan met hierdie woorde.
Polsslag
Tema
In Paulus se eerste brief aan die gelowiges in Tessalonika, gebruik hy die drie-deling van geloof, hoop en liefde, om die essensie van Christenskap te beskryf.
Teks
Hebreërs 11:1
Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Polsslag
Tema
Wat verblydend in die brief is, is dat Paulus herhaaldelik daarop wys dat die jong gemeenskap besig is om die basiese vaardighede van die geloof reg te kry.
Teks
1 Tessalonisense 5:11
Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woord, soos julle trouens reeds doen.
Polsslag
Tema
Ons leer by die gemeente in Tessalonika dat hulle hoop gevestig was op die Here Jesus wat gesterwe het, weer opgestaan het en op Sy wederkoms!
Teks
Handelinge 17:27-28
God is nie vêr van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.
Polsslag
Tema
Die eerste twee Psalms lê die grondslag vir die res van die Psalms-bundel.
Teks
Psalm 1:6
Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.
Polsslag
Tema
Die Psalms is die asemhaling van die gelowige: die intrek van die lewegewende asem van God se Woord en die uitblaas van menslike vrese, vrae en nood.
Teks
Psalm 39:8 en 13
Is daar nog hoop vir my, Here? U is my enigste hoop.
Hoor tog my gebed Here, luister na my hulpgeroep.
.
Polsslag
Tema
Die Psalms het die unieke karakter dat die oorgrote meerderheid daarvan geskryf is as ‘n mens wat aan die woord is en nie God Self nie.
Teks
Psalm 13:4
Luister tog en antwoord my, Here my God! Gee my tog nuwe lewenskrag. Ek wil nie sterwe nie…
Polsslag
Tema
Kan jy sien dat die enigste manier om uit die gat te kom, is om God in die gat in te nooi?
Teks
Psalm 88:2
Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid ek to U.
Polsslag
Tema
Die doel van die mens se bestaan, om lof aan God en die Koninkryk te bring, is wat die skrywer wil beskerm en aanhou uitleef.
Teks
Psalm 71:5
…want U, Here, U is my hoop, U, Here, het
Polsslag
Tema
Die Psalms is die asemhaling van die gelowige: die intrek van die lewegewende asem van God se Woord en die uitblaas van menslike vrese, vrae en nood.
Teks
Psalm 150:6
Laat alles wat asemhaal, die Here prys!
Polsslag
Tema
Die Bybel leer ons dat almal gesondig het, en dus vêr van God af is.
Teks
1 Johannes 1:9
Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid
Polsslag
Tema
Die kruks van die saak hier is nie ‘n teologiese of ‘n intellektuele gesprek nie, maar die saak tussen lewe en dood van die skrywer se geloof.
Teks
Psalm 73:26
“Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.”
Polsslag
Tema
Die Psalms is die asemhaling van die gelowige: die intrek van die lewegewende asem van God se Woord en die uitblaas van menslike vrese, vrae en nood.
Teks
Psalm 109:21
“U is die Here my God, handel met my so, dat U Naam geeër sal word. U is goed en getrou, red my tog.”
Polsslag
Tema
Die Bybel, maar spesifiek Dawid se Psalms, fokus op die uniekheid van elke mens. Die wonder van God se skeppings-werk met elke persoon wat Hy geskep het.
Teks
Psalm 139:14
Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.
Polsslag
Tema
Ons moet leer dat volle oorgawe aan God in en vir alle lewensonderhoud die enigste manier is om te bestaan, ‘n bestaan wat nie bedreig kan word nie, aan die sy van God.
Teks
Psalm 118:8-9
8“Om by die Here te skuil is beter as om op mense te vertrou. 9 Om by die Here te skuil is beter as om op hoë mense te vertrou”
Polsslag
Tema
Die Here se wil en wens is dat ons vryheid sal geniet.
Teks
Galasiërs 5:1
“Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ’n slawejuk laat indwing nie.”
Polsslag
Tema
Ons almal leef met algemeene hoop maar daar is ook Christelike hoop.
Teks
Romeine 5: 3-5
“Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.”
Polsslag
Tema
Om ‘n ewigheidsperspektief te leef laat ons anders reageer.
Teks
2 Korintiërs 4:18
“Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.”
Polsslag
Tema
Goddelike geduld is ‘n teken van Goddelike almag, Goddelike beheer en God se verlossingsplan wat steeds besig is om te ontvou.
Teks
2 Petrus 3:9
“…Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie…”
Polsslag
Tema
Wat kan Ek vir jou gee?
Teks
1 Konings 3:5b, 9 en 12
“Wat wil jy hê moet Ek vir jou gee? Gee my die gehoorsaamheid aan U (wysheid) dat ek U volk reg sal regeer en in alle insig sal hê. Ek gee aan jou wysheid en insig soos niemand voor jou gehad het of na jou sal hê nie.”
Polsslag
Tema
Die asem wat in die mens ingeblaas is, is ook die Gees van God, daarom is ons asemhaling ‘n Kersfees geskenk.
Teks
Johannes 1:3
“Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie”
Polsslag
Tema
Ons het nie ‘n gees van vrees nie maar word die geskenk van waagmoed gegee.
Teks
Romeine 8:15
“Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is..”
Polsslag
Tema
Ons wat mense is, verstaan hoe teen-natuurlik nederigheid is.
Teks
Matteus 11:28-30
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”