Constantiakruin Gemeente
Boeke
‘n Kosbare reisgenoot tydens jou geloofsreis is goeie leesstof. Hier vind jy ‘n kort bewkrywing van boeke wat jou met vrug sal ondersteun tydens jou geloofsreis en transformasie. Die persoon wat die beskrywing gegee het kan gekontak word vir meer inligting. Ons is oortuig dat hierdie boeke met vrug aangeskaf kan word.
BOEK RESENSIE
The Contemplative Pastor – Eugene H. Peterson
Resensie deur Wicus van der Merwe – wicus@constantiakruin.co.za
‘The Contemplative Pastor’ is nie net vir dominees nie, maar vir almal wat iewers besig is om te bedien. Alhoewel Peterson vanuit sy eie verwysing as bedienaar skryf, kan almal in die bediening uit hierdie boek waarde put. Peterson begin die boek deur na die kritiese karaktereienskappe van ‘n bedienaar te kyk. Alhoewel die eerste afdeling ‘n sterk teologiese en filosofiese aanslag het, beskryf hy duidelik en eenvoudig genoeg dat bedienaars van God nie gejaagd moet wees, die Koninkryk moet oopbreek vir ‘n blinde wêreld, altyd met ‘n sterk Koninkryk agenda moet optree en net hulle self moet wees.
Die tweede deel van die boek wys Peterson waarom ons sukkel met die transformasie van ons siel. Hy daag lesers uit oor besige skedules, stel lesers weer voor aan die kuns jou siel te transformeer, geloofsdissiplines, ‘n lewe waar die alledaagse realiteit na God verwys en hoekom mense dit nie altyd kan sien nie.
Peterson sluit die boek af deur praktiese raad. Hy daag sy lesers heel eerste uit om op te let na die tipe taalgebruik waarmee realiteit beskryf word. Hy gee ‘n baie duidelike beskrywing hoe jy aktief deel is van God se proses, maar slegs reageer op God se inisiatief. ‘n Eerbare afhanklikheid van God word voorgehou en hy sluit af met ‘n oproep tot oorgawe aan God se momentum.
Deur hierdie uitgawe van Peterson se werk sal elke bedienaar begelei word om weer ‘n helder idee te hê van die identiteit waarheen God ons roep, die aard van ons roeping as gelowiges, die identifisering van uitdagings en gesonde praktyke om in hierdie roeping te volhard.
Constantiakruin Gemeente
Boeke
‘n Kosbare reisgenoot tydens jou geloofsreis is goeie leesstof. Hier vind jy ‘n kort bewkrywing van boeke wat jou met vrug sal ondersteun tydens jou geloofsreis en transformasie. Die persoon wat die beskrywing gegee het kan gekontak word vir meer inligting. Ons is oortuig dat hierdie boeke met vrug aangeskaf kan word.
BOEK RESENSIE
The Contemplative Pastor –
Eugene H. Peterson