NUWE LIDMATE
Vul asseblief ‘n vorm in vir nuwe lidmate, wat in die portale van die kerk beskikbaar is en plaas dit asb. in die dankofferkis by die hoofingang. Die vorm kan ook elektronies ingevul word. Ons hou van tyd tot tyd ‘n nuwe lidmatebyeenkoms vir inligting en saamkuier met die leierskap.
HUWELIKE
Registreer by die kerkkantoor vir huweliksvoorbereiding. Kontak die betrokke leraar en bevestig die huweliksdatum, ten minste drie tot vyf maande voor die tyd. Bywoning van vier voorbereidingsessies is verpligtend, al trou die egpaar op n ander plek of al neem n ander predikant die bevestiging waar.
DOOP
Gewoonlik die eerste Sondag van elke maand. Tref reëlings met die kerkkantoor ten minste een maand voor die beoogde doop. Sorg asb. dat jul lidmaatskap-bewys by die kerkkantoor ingehandig is. Daar is verpligte doopkategese vir die ouers, volg die almanak.
Verhuring van fasiliteite
Die saal en toerusting is beskikbaar vir verhuring aan lidmate, sowel as nie-lidmate, vir privaat gebruik. Kontak die kerkkantoor.