Hier lag en speel ons baie mamma. Daar is oulike tannies wat ons vertel van Jesus. Ons kry kans om almal saam te sing en maak daarna iets wat by die lessie gepas het. Die beste is dat ons die lig van Jesus net lekker kan geniet.

Ons is al te oulik. Ons kan lekker na stories luister, saam sing en onthou al die bewegings wat ons doen. Ons oulike juffrouens help ons om Jesus se stories te onthou deur aktiwiteite waarin ons iets maak. Ons begin hier geloofsritmes beoefen.

Ons het ons eie kerk. In die saal laat Johann van der Walt (Jeugwerker) ons sing en spring, bied ons les aan en laat ons sommer net lekker kerk hou. Daarna gaan ons saam ons maats klassie toe waar ons oor die les gesels en lekker dinge doen. Die reeks wat ons hierdie jaar doen is “Eendag as ek groot is”. Hierdie reeks neem Bybelse figure en koppel dit aan hedendaagse beroepe. Ons leer nie net die Bybelverhaal beter ken nie, maar sien ook hoe dit in ons elke dag prakties toepaslik en toepasbaar is.

Hier is ek nou deel van die groot kinders. Ons slaap nog soms in die oggend en daarom hou ons in die middag kerk. Hierdie jaar gaan veral oor Woord kennis, geloof sekerheid en gestuurdheid en daarom doen ons die kinder EEIII. Ek moet nou langer kou aan my kos, maar hierdie kos maak my ook sterker. Die aand begin met ‘n InSync groeigroep (17:00-18:00) en daarna die InSync erediens (18:00-19:00). Temas van die groeigroepe word in die preek uitgepak en omgeklink. Hier raak ek meer ernstig.

God gee die Bybel as lig waarmee my pad verhelder word. InSync groeigroepe fokus hier spesifiek op die OT/NT in die Re:form reeks kategese materiaal en hoe om dit toe te pas in my lewe. Hierdie is nie net verhale wat gelees word van ‘n tyd ver verby nie, maar hierdie is raad, wysheid, hulp, insig, kennis en liefde wat nou ‘n verskil in my lewe maak. Jesus word hier Iemand wat reg langs my wandel. In die InSync diens word ons gewys hoe dit moet gebeur.

By die kerk is ek nie net iemand wat in die bank sit en plek opneem nie. “Die weg” is die reeks wat ons gebruik om te leer hoe ons op weg met die Evangelie moet werk, hoe ons dit moet uitdeel, hoe ons dit moet lewendig maak en hoe ek moet oefen om daarin te volhard.

Identiteit is nie iets wat vinnig vorm nie, dit is nie iets wat jy kan koop of iewers verniet kan kry nie. Jare se harde werk, deur myself, ouers en onderwysers het my tot op hierdie punt gebring. Hierdie jaar vind ek uit hoe ek my  identiteit as Christen bevestig, daarby staan, daaraan aanhou uitbou, maar heel belangrikste – Hoe om God te verheerlik deur my bestaan. Ons werk uit die Re:form reeks uit, maar ons dominee het ‘n hele klomp ander temas. Soms kuier ons oor die issue van die dag. Ek leer hoe my verhouding met Jesus my die toekoms in vat.

Wicus van der Merwe

Jeugleraar

wicus@constantiakruin.co.za

082 337 1568

Johann van der Walt

Jeugwerker

johann@constantiakruin.co.za

083 497 3776

Wanneer ons kinders en hulle verhouding met ons Here sigbaar raak ervaar ons elke keer so stukkie hemel. InSync se hart klop daarvoor dat elke kind hulleself ontdek as mense wat 'n lewe van lof leef.  Ons glo hulle sal begin geloofsritmes kweek en besef dat ons 24 uur as gelowiges leef en daarom in alles die hemel moet laat deurbreek, die hemel soos God dit aan Sy kinders toevertrou om op aarde daaraan gestalte te gee.  Wees asseblief ons vennoot op hierdie reis.  Gesels met ons oor dit wat op ons ouers se hart is en bring jou kind sodat daar gelowiges kan vorm wat die wêreld transformeer.  Ons sien uit om saam met elke ouer hulle kind se gestuurdheid te ontdek, ontwikkel en ontketting.

Submitting Form...

The server encountered an error.

YOU'RE ON THE LIST!

(011) 475 1440

(011) 475 1440

info@constantiakruin.co.za

Liebenbergweg 15, Constantia Kloof